摘要:The purpose of this study was to validate Schroder’s High Performance Leadership Competencies (HPLCs), measured by a specially designed In-basket, against multiple criteria. These consisted of six measures of managerial success, representing managerial advancement and salary progress criteria, and a newly developed comprehensive measure of work unit performance, the Performance Index. An environmental dynamism and complexity questionnaire served as moderator variable. Results indicated disappointing predictive validity quotients for the HPLCs as measured by an In-basket, in contrast to satisfactory predictive and construct validity obtained in previous studies by means of a full assessment centre. The implications of the findings are discussed and suggestions are made for improving the validity of the In-basket. Opsomming Die doel van hierdie studie was die validering van Schroder se Hoëvlak Leierskapsbevoegdhede, gemeet deur ‘n spesiaal ontwerpte Posmandjie, teen veelvoudige kriteria. Dit behels ses metings van bestuursukses wat bestuursbevorderings- en salarisvorderingskriteria insluit, sowel as ‘n nuutontwikkelde, omvattende meting van werkeenheidsprestasie, die Prestasie indeks. ‘n Vraelys wat die dinamika en kompleksiteit van die omgewing meet, het as moderator veranderlike gedien. Resultate dui op teleurstellende geldigheidskwosiënte vir die Hoëvlak Leierskapsbevoegdhede soos gemeet deur ‘n posmandjie, in teenstelling met bevredigende voorspellings- en konstrukgeldigheid wat in vorige studies deur middel van ‘n volle takseersentrum verkry is. Die bevindinge word bespreek en voorstelle word gemaak om die geldigheidskwosiënte te verbeter.
关键词:High performance leadership; Assessment centre in-basket