摘要:The objectives of this research were to validate the Utrecht Work Engagement Scale (UWES) for the South African Police Service (SAPS) and to determine its construct equivalence and bias in different race groups. A cross-sectional survey design was used. Stratified random samples (N = 2396) were taken of police members of nine provinces in South Africa. The UWES and a biographical questionnaire were administered. Structural equation modelling confirmed a 3-factor model of work engagement, consisting of Vigour, Dedication and Absorption. These three factors have acceptable internal consistencies. Exploratory factor analysis with target rotations showed equivalence of the three factors for different race groups in the SAPS. No evidence was found for uniform or non-uniform bias of the items of the UWES for different race groups. Opsomming Die doelstellings van hierdie navorsing was om die Utrecht- werksbegeesteringskaal (UWES) te valideer vir die Suid- Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die konstrukekwivalensie daarvan vir verskillende rassegroepe te bepaal. ’n Dwarssnee opname-ontwerp is gebruik. Gestratifiseerde ewekansige steekproewe (N = 2396) is van polisielede uit nege provinsies geneem. Die UWES en ’n biografiese vraelys is afgeneem. Strukturele vergelykingsmodellering het ’n 3-faktormodel, bestaande uit Energie, Toewyding en Absorpsie, aangetoon. Hierdie drie faktore het aanvaarbare interne konsekwentheid getoon. Eksploratiewe faktoranalise met teikenrotasies het konstrukekwivalensie vir die drie faktore vir verskillende rassegroepe in die SAPD getoon. Bewyse is nie gevind vir uniforme of nie-uniforme sydigheid van die items van die UWES vir verskillende rassegroepe nie.
关键词:Psychometric analysis; Utrecht work engagement scale; Police service