摘要:The general objective of this study was to investigate the relationship between coping, stress and suicide ideation within the South African Police Service. A cross-sectional survey design was used. A random, stratified sample was taken of police officials in the Free State (N = 333). The Suicide Ideation Questionnaire, Police Stress Inventory and COPE Questionnaire were administered. The results of this study indicated that the following factors were related to suicide ideation: passive coping, problem-focused coping, former suicide attempts, medical condition, alcohol consumption and police stressors. The discriminant analysis furthermore indicated that these variables correctly classified 77,55% of the respondents with a high score in respect of suicide ideation. Opsomming Die algemene doelstelling van hierdie navorsing was om die verband tussen coping-strategieë, stres en selfmoord- denkbeeldvorming binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Vrystaat te ondersoek. ’n Dwarsdeursneeopnameontwerp is gebruik. ’n Ewekansige, gestratifiseerde steekproef (N = 333) is van polisiebeamptes in die Vrystaat geneem. Die Selfmoord denkbeeldvormingsvraelys, Polisiestres-inventaris en COPE-vraelys is aangewend. Die resultate van die studie het aangetoon dat die volgende faktore met selfmoord denkbeeldvorming verband hou: passiewe coping, probleemgerigte coping, vorige selfmoordpogings, mediese toestand, gebruik van alkohol en polisiespesifieke stressors. Die diskriminantontleding het verder aangedui dat bogenoemde veranderlikes 77,55% van die deelnemers met ’n hoë telling ten opsigte van selfmoord denkbeeldvorming korrek geklassifiseer het.
关键词:Coping-strategieë; Stres; Selfmoord-denkbeeldvorming; Suid-Afrikaanse polisiediens