摘要:The development and evaluation of an entrepreneurship orientation questionnaire. The principal aim of the study was to construct a measuring instrument based on a contextual theory of entrepreneurship to measure entrepreneurship orientation. A secondary aim of the study was to determine whether a correlation exists between entrepreneurship orientation and psychological flow. An adapted Psychological Flow Questionnaire was used to measure the respondents’ experience of activities in their daily lives. The questionnaires were applied to 276 respondents consisting of a group of students taking courses in entrepreneurship on the one hand and a group of students taking no such courses, on the other hand. Both instruments were subjected to factor analysis and item analysis. From the study a statistically significant difference in terms of entrepreneurship orientation was found to exist between the entrepreneurship students and the non-entrepreneurship students. A statistically significant positive correlation was found to exist between entrepreneurship orientation and psychological flow. The implications of the findings are discussed. Opsomming Die hoofdoel van die studie was om ’n meetinstrument, gebaseer op ’n kontekstuele teorie van entrepreneurskap, te konstrueer vir die meting van entrepreneurskaporiëntasie. ’n Sekondêre doel van die studie was om vas te stel of daar ’n verband tussen entrepreneurskaporiëntasie en psigiesevloei bestaan. ’n Aangepaste Psigiesevloei-vraelys is gebruik om respondente se ervaring van aktiwiteite in hul daaglikse lewe te meet. Die vraelyste is op 276 respondente toegepas wat enersyds uit ’n groep studente wat entrepreneurskapstudies onderneem, bestaan en andersyds uit ’n groep studente wat nie entrepreneurskapstudies onderneem nie. Albei instrumente is aan faktor- en itemontleding onderwerp. Uit die studie blyk dit dat entrepreneursstudente en nie-entrepreneursstudente statisties beduidend van mekaar verskil ten opsigte van entrepreneurskaporiëntasie. ’n Statisties beduidende positiewe verband is verkry tussen entrepreneurskaporiëntasie en psigiesevloei. Die implikasies van die bevindinge word bespreek.