首页    期刊浏览 2024年09月20日 星期五
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Strategieë om woordnette vir hulpbronskaars tale te ontwikkel: 'n Gevallestudie vir Afrikatale
  • 本地全文:下载
  • 作者:Sonja E. Bosch ; Sonja E. Bosch ; Marissa Griesel
  • 期刊名称:Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies
  • 印刷版ISSN:0258-2279
  • 出版年度:2017
  • 卷号:38
  • 期号:1
  • 页码:e1-e12
  • DOI:10.4102/lit.v38i1.1351
  • 语种:English
  • 出版社:African Online Scientific Information Systems (Pty) Ltd t/a AOSIS
  • 摘要:Die African Wordnet Projek (AWN) het ten doel om woordnette vir vyf Afrikatale te ontwikkel. Die tale sluit Setswana, isiXhosa, isiZulu, Sesotho sa Leboa (ook Sepedi of NoordSotho genoem) en Tshivenda in. Die sogenaamde uitbreidingsmodel, wat op die struktuur van die Engelse Princeton WordNet (PWN) gebaseer is, word tans gebruik om die AWN deurlopend handmatig uit te brei. Hierdie metode is baie arbeidsintensief en moet deur linguiste uitgevoer word. Die linguiste word deur verskeie kriteria, soos die vlak van leksikalisering van ‘n woord en die geskiktheid van die sinstel vir die taal, gelei. Linguiste moes tot nou toe hierdie besluite sonder veel ondersteuning in die vorm van elektroniese hulpmiddels maak, aangesien daar vir baie Afrikatale nog nie eers basiese hulpbronne soos vrylik beskikbare, rekenaarleesbare en elektroniese tweetalige woordelyste bestaan nie. Metodes om die handmatige ontwikkeling van sinstelle te bespoedig en die werkslading op die taalspesialiste te verlig, het onlangs baie aandag geniet. Die eksperimente het daaroor gegaan dat die minimale hoeveelheid bronne wat wel beskikbaar is, ingespan word om sinstelle in die PWN te identifiseer wat na die AWN oorgedra behoort te word. Inligting uit die tweetalige woordelyste word op sinvolle wyse onttrek en aan die linguiste voorgehou om die finale seleksie te maak. In hierdie artikel word die metodologie wat gebruik is om die AWN te ontwikkel, voorgelê. Beskikbare hulpbronne wat in die verskillende eksperimente gebruik of ontwikkel is, word beskryf, voorlopige resultate word gegee en toekomstige planne word beskryf.
国家哲学社会科学文献中心版权所有