期刊名称:Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies
印刷版ISSN:0258-2279
出版年度:2016
卷号:37
期号:1
页码:e1-e7
DOI:10.4102/lit.v37i1.1250
语种:English
出版社:African Online Scientific Information Systems (Pty) Ltd t/a AOSIS
摘要:In hierdie artikel word aspekte van xenia – soos uiteengesit in die klassieke Griekse teks van Homerus en as vertrekpunt vir latere teorieë oor gasvryheid – kontekstueel in Marlene van Niekerk se roman Triomf (1994) ondersoek. Die Griekse konsep xenia dien egter as voorloper vir eietydse teorieë oor gasvryheid soos vervat in die werk van Levinas en Derrida. Gasvryheid teenoor vreemdelinge vorm die grondslag van xenia en dit is ’n aspek wat herhaaldelik in Van Niekerk se roman voorkom. Daar is die verhouding met die NP-werwingsagente, die Jehovasgetuies, die AWB-werwers, asook Lambert se interaksie met Sonnyboy en Mary, die prostituut wat hom op sy verjaardag besoek. Veral laasgenoemde toneel stem heelwat ooreen met die riglyne vir goeie gasvryheid soos aangedui deur Homerus.