摘要:Die aanbieding van Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch gaan sover terug as 1943 toe daar binne die Departement Sielkunde met 'n afsonderlike kursus in Bedryfsielkunde vir B.Comm.-studente 'n begin gemaak is. Hierdie kursus is in 1949 uitgebrei tot die derde jaar, toe dit moontlik geword het om 'n B.Comm.-graad met Bedryfsielkunde as een van die hoofvakke te behaal.