期刊名称:Literator: Journal of Literary Criticism, comparative linguistics and literary studies
印刷版ISSN:0258-2279
出版年度:2017
卷号:38
期号:2
页码:e1-e11
DOI:10.4102/lit.v38i2.1340
语种:Afrikaans
出版社:African Online Scientific Information Systems (Pty) Ltd t/a AOSIS
摘要:In die ontwikkeling van die teoretiese leksikografie was die primêre fokus van metaleksikograwe vroeër meestal op modelle vir die daarstelling van gedrukte woordeboeke. Soos die tegnologie vooruitgang maak, verskuif daardie fokus nou na elektroniese woordeboeke. Die ontwikkeling van woordeboeke as elektroniese produkte vestig tans die aandag op ’n leemte in die metaleksikografie. Hierdie leemte het gevolge vir die bestaande teoretiese modelle waarvolgens woordeboeke ontwerp word, asook die praktiese ontwikkeling van volwaardige leksikografiese naslaanbronne vir die toekoms. Elektroniese data- of inligtingsdraers soos woordeboeke is nie beperk tot die leksikografie nie, maar vind ook neerslag in ander velde soos inligtingstegnologie en taaltegnologie. Vir die bestaande leksikografieteorieë om suksesvol aan te pas by die elektroniese sfeer, moet daar aandag gegee word aan die fisiese en tegnologiese eienskappe van verskillende e-instrumente. Hierdie eienskappe moet aan sekere internasionale vereistes voldoen wat nie noodwendig altyd deur leksikograwe in ag geneem word nie. Deur gebruik te maak van die bruikbaarheidsbenadering en ander bruikbaarheidsteorieë kan die bestaande leksikografiese beginsels makliker en beter aangepas en toegepas word binne die elektroniese ruimte. Hierdie studie beoog daarom om die belangrikheid van die bruikbaarheidsbenadering vir (en die oorvleueling met) die e-leksikografie bloot te lê en om te bewys hoe elektroniese woordeboeke nie sonder ander interdissiplinêre beginsels vanuit die tegnologiese sfeer ontwikkel behoort te word nie.