期刊名称:Scientia Militaria : South African Journal of Military Studies
电子版ISSN:2224-0020
出版年度:2012
卷号:5
期号:2
出版社:Stellenbosch University
摘要:Die vyand is mislei en verras Die vraag is dikwels gestel waarom die Italiaanse lugmag geen rol gespeel het om die aanmars teen Suid-Abessinië en die aanvalle op die voorposte te stuit nie. Behalwe die feit dat die Italianers nie onmiddellik van die aanmars geweet het nie, het die Hertog van Aosta in 'n rapport aan die Italiaanse weermagshoofkwartier in Rome te kenne gegee dat die lugmag nie kon optree nie weens 'n tekort aan vliegtuie. In die lig van die sterk lugmagbasisse na aan die buiteposte, by Neghelli en Yavello, is hierdie rede myns insiens nie meor as 'n minder geloofwaardige verskoning nie. Die Suid-Afrikaanse lugmag, wat boonop in 'n vyandelike lugruim moes beweeg, het vyandelike basisse getakel met slegs enkele vliegtuie - soms met net een. Die waarheid is eerder dat die Italiaanse inligtingsdiens op 'n verkeerde voet gevang is en dat die beskikbare lugmag en landmagte onvoorbereid en ongemotiveerd was om die koppige Springbokaanmars te stu it. 1 SA Divisie het hulle mislei om te glo alles is veilig en daarna drie buiteposte binne twee dae platgeloop.
关键词:Italiaanse lugmag;Suid-Abessinië;Hertog van Aosta;Suid-Afrikaanse lugmag;31 Januarie 1941;Suid-Afrikaanse brigades;Maj C. J. Venter