首页    期刊浏览 2024年09月18日 星期三
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Die leksikografiese bewerking van verwantskapsterme in Sepedi
  • 本地全文:下载
  • 作者:DJ Prinsloo
  • 期刊名称:Lexikos
  • 印刷版ISSN:1684-4904
  • 电子版ISSN:2224-0039
  • 出版年度:2012
  • 卷号:22
  • 期号:0
  • 页码:272-289
  • 语种:English
  • 出版社:Bureau of the WAT
  • 摘要:Die verwantskapsterminologie van Sepedi is omvangryk en vorm 'n komplekse sisteem. In teenstelling met tale soos Afrikaans, Engels en Duits word groter uitdagings aan die Sepedileksikograaf gestel ten opsigte van die identifisering van verwantskapsterme en die lemmatisering en bewerking daarvan. Voorafstudie van die verwantskapsterminologiestelsel is 'n voorvereiste vir suksesvolle gebruikersleiding. Die Sepedi leksikograaf is die tussenganger tussen veral die onervare woordeboekgebruiker en hierdie ingewikkelde verwantskapsterminologiesisteem, en moet derhalwe sorg vir effektiewe lemmatisering en voldoende bewerking van verwantskapsterme. Die aard en omvang van verwantskapsterminologie in Sepedi word ontleed en daar word aangetoon dat verwantskapsterminologie in Sepedi problematies is, veral ten opsigte van die lemmatisering van samestellings, en in besonder, afgeleide enkelwoordvorme en frases, soos byvoorbeeld veelvuldige besitskonstruksies. Ten einde toegang tot verwantskapsterme in die woordeboek te vergemaklik word 'n leksikografiese konvensie vir die lemmatisering van verwantskapsterme voorgehou. Korpusvoorkomste van verwantskapsterme word aangegee en ruimte word afgestaan vir 'n kritiese evaluering van die lemmatisering en bewerking van verwantskapsterme in Sepediwoordeboeke. Sleutelwoorde: Verwantskapsterme, Sepedi, Stamboom, Paterne, Lemmatisering, Woordeboekkonvensie, Leksikografiese Bewerking, Reseptiewe Woordeboekgebruik, Produktiewe Woordeboekgebruik, Gebruiksfrekwensie
国家哲学社会科学文献中心版权所有