摘要:Extracted from text ... Akroterion 50 (2005) 125-136 VAN DIE NYL TOT STELLENBOSCH: ANTIEKE EGIPTIESE VOORWERPE OP STELLENBOSCH I Cornelius (Universiteit van Stellenbosch) 1. Inleiding Egipte is soos Suid-Afrika deel van die kontinent van Afrika en daar is voorbeelde van hoe antieke Egiptiese motiewe in die Suid-Afrikaanse boukuns voortleef (Cornelius 2001). Afgesien van argitektoniese voorbeelde is daar ook oorspronklike antieke Egiptiese artefakte in Suid- Afrikaanse versamelings en ? aantal hiervan vorm tans deel van die uitstalling "Lewende Antieke" van die Dept. Antieke Studie in die SASOL-Kunsmuseum van die Universiteit van Stellenbosch. Die uitstalling bestaan uit meer as 200 voorwerpe uit die antieke w?reld en is ..