期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
印刷版ISSN:0378-5254
出版年度:2000
卷号:28
期号:1
页码:16-21
语种:English
出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
摘要:Die reaksie van huishoudkundeleerders tydens 'n interaktiewe televisie-uitsending word in hierdie artikel onder die loep geneem. Drie aspekte, naamlik die vlak van interaksie tydens die uitsending, gelyk tydigheid en simmetrie, is tydens hierdie gevallestudie bestudeer. Tydens interaktiewe televisie-uitsendings kan interaksie varieer van definisioneel-fisiese interaksie tot volle interaksie met al die betrokke partye. Ge lyk tydigheid kan varieer van direkte interaksie tussen die leerders en die aanbieder tot vooraf opgeneemde uitsendings en terugvoer per pos aan leerders. Simmetrie, daarenteen, wissel van volledig simmetriese videokonferensies tot die pos van voorafvervaardigde videobande met onderrigmateriaal op papier en skriftelike terugvoer. Hierdie studie het bevind dat alhoewel die leerders verkies het om saam met medeleerders na die televisie-uitsending te kyk, hulle min behoefte uitgespreek het om direk met die aanbieder (dosent) te kommunikeer. Dit wil voorkom asof hulle gelyktydige kommunikasie belangrik ag aangesien hulle eerder met hulle medeleerders in interaksie wou tree as met die aanbieder. Die leerders het ook voorkeur aan voorafvervaardigde videobande gegee, veral met die oog op voorbereiding vir eksamens en die uitvoer van opdragte. Die leerders het 'n lewendige televisie-uitsending as onnodig beskou, sou graag in telefoniese verbinding met die aanbieder wou tree (asimmetriese kommunikasie), maar wanneer dit hulle pas, eerder as byvoorbeeld tydens of direk na 'n uitsending. Daar was weinig voorkeur vir ander kommunikasiewyses soos fakse en elektroniese pos.