期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
印刷版ISSN:0378-5254
出版年度:2000
卷号:28
期号:1
页码:47-53
语种:English
出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
摘要:Projektiewe tegnieke behels 'n dubbelsinnige stimulus waarvolgens die subjek sy / haar persoonlikheid, houdings, opinies en selfkonsep - as integrale deel van die self - in 'n situasie projekteer ten einde struktuur of betekenis daaraan te gee. Projektiewe tegnieke word in kwalitatiewe verbruikersgedrag- en bemarkingstudies gebruik om subjekte se onbewuste of ""verskuilde"" gevoelens, houdings en motiewe bloot te lê en om stereotipiese en sydige responspatrone uit te skakel. Projektiewe tegnieke word in kwalitatiewe verbruikersgedragnavorsing gebruik en aan die hand van die ontwerp en struktuur, verskillende tipes en die analise en interpretasie van data ontgin deur die gebruik van projektiewe tegnieke beskryf. Geldigheids- en betroubaarheidsoorwegings asook die nadele en voordele van projektiewe tegnieke word bespreek. Gevallestudies word beskryf om te toon hoe projektiewe tegnieke met ander kwalitatiewe data-insamelingsmetodes (diepteonderhoude en fokusgroeponderhoude) gekombineer kan word om meer insig oor die hoe, waarom en wat van verbruikers se gedrag te bekom.