期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
印刷版ISSN:0378-5254
出版年度:2001
卷号:29
期号:1
页码:60-71
语种:English
出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
摘要:Hierdie studie was 'n verkennende ondersoek na die borsvoedingspraktyke van moeders / versorgers wat twee babaklinieke in die Moreteledistrik besoek. Beide kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsmetodologie� is toegepas. Individuele en fokusgroeponderhoude is vir data-insameling gebruik. 'n Geriefsteekproef (N = 174) moeders / versorgers is vir die onderhoude getrek. Ses ouderdomskategorie� is aan die hand van bekende dieetveranderingsfases gebruik. Die antropometriese resultate het op groeipatroonabnormaliteite gedui wat op 18 maande 'n piek bereik het (suboptimale groei) en weer teen 24 maande gestabiliseer het. Dieetinname het 'n beperkte verskeidenheid getoon en was voldoende behalwe wat yster, kalsium, sink, niasien, vitamiene D en A betref. Borsvoeding was die keusevoeding, maar dit was moeilik om die borsvoedingspraktyke (voedingstye en -frekwensie, duur van voedings) akkuraat te bepaal. Vaste voedsel is vroeg reeds (voor 4-6 maande) (87%) in die dieet ingesluit weens die moeders se persepsie van 'n honger baba. Graan (48%) en water (16, 7%) is eerste vir fisiologiese / gesondheidsredes bygevoeg. Borsvoeding is op 18-24 maande (83, 3%) gestaak. Die meeste kinders (34, 5%) het vanaf 7-12 maande 'n gemengde gesinsdieet ontvang. Die gevolgtrekking is dat moeders se kennis oor die voordele van borsvoeding, voedingspraktyke, en redes vir die insluiting van vaste voedsel ontoereikend is. Onderrig oor babavoeding / -voedingspraktyke (spesifiek borsvoeding en spening) word aanbeveel om chroniese wanvoeding en voedingsprobleme in hierdie gemeenskap te voorkom.