首页    期刊浏览 2024年10月07日 星期一
登录注册

文章基本信息

  • 标题:The development of a social-cognitive model for a better understanding of the female adolescent suffering from anorexia nervosa
  • 作者:Rozanne Kruger
  • 期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
  • 印刷版ISSN:0378-5254
  • 出版年度:2003
  • 卷号:31
  • 期号:1
  • 页码:30-40
  • 语种:English
  • 出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
  • 摘要:Eetversteurings word beskryf as eetgedrag wat die individu se fisieke of psigiese gesondheid benadeel. Eetversteurings soos anoreksia nervosa is vandag algemeen onder adolessente en word algemeen gereken as 'n komplekse verskynsel wat deur 'n verskeidenheid van bydraende faktore beïnvloed word.
    Die doel van die outeurs was om 'n navorsingsmodel te ontwikkel wat op die sosiaal-kognitiewe belewenisse van die vroulike adolessent met anoreksia nervosa fokus en wat veral deur voedingkundiges (en verwante dissiplines) gebruik kan word in die bestudering van hierdie groep. Die simboliese interaksionisme en 'n sosiaal-kognitiewe perspektief is as vertrekpunt geneem. Dit plaas die klem op veral die individu as aktief-denkende wese wat voortdurend in interaksie met haarself en ander, kognitiewe prosesse in werking stel om bepaalde persepsies van haarself, ander en die situasie te kan vorm. Met so 'n uitgangspunt is dit moontlik om vanuit die literatuur oor die adolessent met anoreksia nervosa op belangrike aspekte te fokus soos haar belewenis van die verskillende aspekte van haar self asook haar belewenis van betekenisvolle, veralgemene en verwysingsgroep ander. Die outeurs is van mening dat so 'n model die voedingnavorser in staat stel om die adolessent met anoreksia nervosa in totaliteit te bestudeer ten einde haar gedrag te kan verstaan en ryklik te beskryf.
Loading...
联系我们|关于我们|网站声明
国家哲学社会科学文献中心版权所有