期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
印刷版ISSN:0378-5254
出版年度:2006
卷号:34
期号:1
页码:41-55
语种:English
出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
摘要:Verbruikers se ontevredenheid met produkte manifesteer in hulle klagte-gedrag. Verbruikers se klagtes word oor die algemeen in 'n negatiewe lig beskou, aangesien dit met hulle ontevredenheid oor 'n bepaalde produk of diens geassosieer word. Verbruikers se klagtes moet egter as voordelig vir die vervaardiger, kleinhandelaar en die verbruiker beskou word, aangesien dit onder andere dien as inligting wat deur verbruikers geïnisieer is om strategiese besluitneming vir kleinhandelaars en vervaardigers te vergemaklik. Verbruikers kan op hulle beurt vir produkprobleme vergoed word en op hulle regte as verbruikers aandring. Vervaardigers en kleinhandelaars kan egter net van verbruikers se behoeftes en probleme ten opsigte van produkte bewus word wanneer verbruikers dit aan hulle kommunikeer. 'n Konseptuele raamwerk word aangebied vir die bestudering van ontevrede verbruikers se klagte-gedrag as reaksie op die funksionele en / of simboliese produkmislukking (product failure) van groot elektriese huishoudelike toerusting. Die konfirmasie / diskonfirmasie-paradigma, Day en Landon se klagte-gedrag-taksonomie, Weiner se attribusieteorie en spesifieke verbruikers- en produkveranderlikes wat verband hou met klagte-gedrag dien as teoretiese agtergrond vir die konseptuele raamwerk.