期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
印刷版ISSN:0378-5254
出版年度:2008
卷号:36
期号:1
页码:40-48
语种:English
出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
摘要:In hierdie studie word verbruikers se persepsies van die onklaarraak of defekte werkverrigting (produkmislukking, product failure) van bepaalde groot elektriese huishoudelike toerusting verken en beskryf. Die konfirmasie / diskonfirmasie-paradigma (Bearden & Teel, 1983) dien as teoretiese agtergrond vir die studie. 'n Gerieflikheidsteekproef is gebruik om vraelyste, wat respondente self voltooi het, in te samel. Respondente moes uit 'n lys elektriese huishoudelike produkte 'n item kies wat die meeste ontevredenheid oor 'n tydperk van vier jaar veroorsaak het. Respondente moes die tipe produkmislukking aandui. Die resultate van die verkennende faktorontleding toon dat die respondente nie onderskei tussen die funksionele en simboliese werksverrigtingdimensies van toerusting wat faal nie. Verbruikers se ondevredenheid met hulle toerusting word dus, vanuit 'n teoretiese oopgunt, deur 'n kombinasie van beide funksionele en simboliese werksverrigtingdimensies bepaal.