首页    期刊浏览 2025年02月28日 星期五
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Exploring the influence of shelf-edge signage on consumer decision-making in Gauteng
  • 作者:Elizabeth Kempen
  • 期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
  • 印刷版ISSN:0378-5254
  • 出版年度:2008
  • 卷号:36
  • 期号:1
  • 页码:81-95
  • 语种:English
  • 出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
  • 摘要:Die kleinhandelindustrie wat toegespits is op die daarstelling van basiese lewensmiddele en kruideniersware het 'n betekenisvolle invloed op die ontwikkellende Suid-Afrikaanse ekonomie. Talle aspekte wat verbruikersbesluitneming en -gedrag in hierdie kleinhandelomgewing beïnvloed is reeds oor die afgelope aantal jare ondersoek. 'n Aspek wat egter tot op hede min aandag geniet het in verbruikersnavorsing is die winkelrak-etikette wat in supermarkte en ander kruidenierswarewinkels aangewend word om prys en ander relevante produkinligting aan die verbruiker te kommunikeer. Alhoewel kleinhandelaars se gebruik en toepassing van winkelrak-etikette hoofsaaklik ingestel is op die oordrag van inligting, kan die vraag gestel word of die inligting wel van toepassing is in beperkte of nominale (gewoonte) verbruikersbesluitneming wat gepaard gaan met die aankoop van kruideniersware. Empiriese bevindinge toon dat hierdie tipes besluitneming geen of beperkte eksterne inligtingsoeke behels wat die inset wat winkelrak-etikette as 'n bron van eksterne inligting lewer in twyfel trek.Ten einde lig te werp op hierdie area van onsekerheid het hierdie studie ten doel gehad om die rol van winkelrak-etikette as eksterne inligtingsbron in verbruikers se beperkte en nominale besluitnemingsprosesse tydens die keuse en aankoop van kruideniersware te verken en te beskryf. Daar is ook ondersoek ingestel na die probleme wat verbruikers ondervind in die gebruik van winkelrak-etikette en deelnemers aan die studie is gevra om aanbevelings te verskaf ter verbetering van die etikette. Hierdie inligting is relevant vir verskeie Suid-Afrikaanse kettingwinkelgroepe wat tans die moontlikheid ondersoek om kapitaal te investeer in die opgradering van papierbasis etikette na elektroniese winkelrak-etikette.
Loading...
联系我们|关于我们|网站声明
国家哲学社会科学文献中心版权所有