首页    期刊浏览 2025年02月27日 星期四
登录注册

文章基本信息

  • 标题:The early-adolescent girl's experience of weight gain : a symbolic interactionism and life-course conceptual framework
  • 作者:Stephna J. Lubbe ; Helena M. De Klerk
  • 期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
  • 印刷版ISSN:0378-5254
  • 出版年度:2009
  • 卷号:37
  • 期号:1
  • 页码:1-11
  • 语种:English
  • 出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
  • 摘要:In 'n vinnig veranderende Suid-Afrikaanse samelewing, met 'n Westerse klem op 'n slanke vroulike liggaam as die nastreefbare ideaal, en waaroor massa stereotipes ook algemeen gehuldig word en deur die media gepropageer word, raak dit moontlik vir al hoe meer vroeë-adolessente dogters toenemend moeiliker om die toename in massa (tipies in hierdie ontwikkelingsfase) te hanteer - moontlik omdat dit vir die dogter moeilik is om te antisipeer hoe groot en breed haar liggaam gaan word en hoe sy uiteindelik met die gestelde ideaal gaan vergelyk. Toename in massa raak die dogterse belewenis van haar fisieke self. Dit is dan ook algemene kennis dat eetversteurings as gevolg van, onder meer, liggaamsontevredenheid, onder vroeë-adolessente dogters toeneem. Vanuit die literatuur is dit duidelik dat die vroeë-adolessente dogter heelwat ontwikkeling op fisieke, kognitiewe en psigo-sosiale vlak ondergaan. Adolessensie, en daarby ingesluit vroeë-adolessensie, is ook 'n tydperk waar die samelewing ander eise aan die individu begin stel. Fisieke veranderinge, waaronder die vinnige groei en veral die skielike toename in massa, mag vir die vroeë-adolessente dogter kommerwekkend en selfs problematies wees, veral in 'n moderne samelewing wat soveel klem plaas op slankheid. Hoewel daar studies gedoen is met betrekking tot die oormassa vroeë-adolessente dogter, is daar ongelukkig weinig, indien enige, indiepte-studies gedoen met die doel om begrip te kry en te verstaan hoe die vroeë-adolessente dogter nie net oormassa nie, maar spesifiek die toename in massa as deel van die self beleef, asook watter strategieë sy in werking stel ten einde by 'n veranderende fase in haar lewe te kan aanpas. Vir die kledingkundige wat voorkoms vanuit 'n sosiaal-sielkundige perspektief benader, voedingkundiges, gesinsterapeute, kledingkonsultante en ander watter betrokke is by die ontwikkeling van die dogter, behoort begrip met betrekking tot hoe die dogter massa-toename as deel van die self beleef en in interaksie met ander hanteer, van veelwaarde te wees in die ondersteuning van die dogter in haar voorkomsbestuur, en ook in die bemagtiging van die dogter ten einde 'n positiewe belewenis van die self in interaksie met ander te handhaaf.
Loading...
联系我们|关于我们|网站声明
国家哲学社会科学文献中心版权所有