首页    期刊浏览 2024年09月15日 星期日
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Body size perception of African women (25-44 years) in Mangaung
  • 作者:Francina C. Venter ; Corinna M. Walsh ; Marthinette Slabber
  • 期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
  • 印刷版ISSN:0378-5254
  • 出版年度:2009
  • 卷号:37
  • 期号:1
  • 页码:12-23
  • 语种:English
  • 出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
  • 摘要:Oorgewig is een van die mees algemene, dog voorkombare, gesondheidsprobleme in Suid-Afrika, veral onder volwasse swart vroue. Oorgewig word met 'n verskeidenheid van patalogiese toestande, onder andere hipertensie, tipe-2 diabetes mellitus, kardiovaskulêre siektes en vroetydige dood, geassosieer. 'n Verwesterde leefstyl onder inwoners van ontwikkelende lande lei dikwels tot veranderinge in eetgewoontes en gevolglik toenemende vlakke van vetsug. Vroue in laer sosio-ekonomiese klasse is drie- tot ses maal meer geneig tot oorgewig as dié met hoër sosio-ekonomiese status, ongeag etnisiteit. 'n Aantal faktore beïnvloed liggaamsgroottepersepsie, inlsuitend kultuur, sosio-ekonomiese status, sosiale persepsie van vetsug, en die persepsie van gesondheid en gewig in verhouding tot liggaamsgrootte. Volgens omvangryke navorsingsbevindings is 'n groter liggaamsbou onder swart vroue kultureel meer aanvaarbaar en spreek van goeie gesondheid, finansiële welvaart, seksualiteit, waardigheid, aantreklikheid, verhoogde funksionaliteit, en afwesigheid van infeksie met die menslike immuungebrek-virus (MIV). Die primêre doel van hierdie studie was om insig te verkry ten opsigte van die persepsie van liggaamsgrootte onder swart vroue in die Mangaung-area, sentraal-Vrystaat. 'n Verteenwoordigende steekproef van 500 swart vroue in twee ouderdomsgroepe (25-34 en 35-44 jaar) is ewekansig vir die studie gekies. Die studie het oor 25 weke gestrek, waartydens 20 deelnemers elke week ingesluit is. Deelnemers se beskouing van vetsug, tot watter mate hulle persoonlike beskouing dié van die algemene populasie verteenwoordig, en hulle houding teenoor gewigsbeheer is ondersoek. Antropometriese data, wat vetpersentasie, heup-middelverhouding, gewig en lengte ingesluit het, is versamel. 'n Liggaamsmassa-indeks groter as 25 kg / m2 is by meer as 50% van die teiken populasie aangetoon. ('n Liggaamsmassa-indeks van 20<25kg / m2 word as verteenwoordigend van 'n normale ligaamsmassa beskou.) Liggaamsgroottepersepsie is bepaal deur die deelnemers se reaksie op 'n reeks van vyf foto's, verteenwoordigend van vyf berekende liggaamsmassa-indeks kategorieë, te evalueer. Ongeveer 30% van die respondente het die oormassa liggaam as die gesondste sowel as die mees welgestelde beskou. Alhoewel vetsug oorwegend as gesond beskou is, het die meeste deelnemers aangedui dat dit nie aantreklik is nie. Ongeveer 30% van die deelnemers het die foto verteenwoordigend van 'n laer-as-normale liggaamsmassa-indeks as die mees aantreklike voorkoms gekies. Slegs 8% van die jonger vroue en 12% van die ouer vroue het die foto verteenwoordigend van 'n ondergewig voorkoms as mees aantreklik aangedui. Meer as 60% van albei ouderdomsgroepe het gevoel dat die gemeenskappe waartoe hulle behoort, 'n ondergewig persoon onaantreklik sal vind. 'n Skraal liggaamsbou word met armoede, onderliggende siekte of emosionele ongesteldheid geassosieer. Die liggaamsgroottepersepsie van respondente en meegaande tevredenheid met groter liggaamsmassa, beïnvloed na alle waarskynlikheid eetgedrag. In teenstelling met die Westerse beskouing, was hierdie populasie nie gemotiveerd om hul eetgedrag terwille van gesondheidsoorwegings te beheer nie, aangesien hulle nie gesondheidsprobleme as verwant aan liggaamsgrootte beskou nie. Kultuur oefen nog steeds 'n sterk invloed op die populasie se houding teenoor gewigsbeheer uit. Toekomstige programme om vetsug onder swart Suid-Afrikaanse vroue te bestuur, behoort kulturele, sosiale en sosio-ekonomiese aspekte as 'n integrale deel van gesondheidsopvoeding aan te spreek.
Loading...
联系我们|关于我们|网站声明
国家哲学社会科学文献中心版权所有