首页    期刊浏览 2025年02月27日 星期四
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Key to good fit : body measurement problems specific to key dimensions
  • 作者:Mariette Strydom ; Helena M. De Klerk
  • 期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
  • 印刷版ISSN:0378-5254
  • 出版年度:2010
  • 卷号:38
  • 期号:1
  • 页码:74-83
  • 语种:English
  • 出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
  • 摘要:Die doel met hierdie navorsing (as deel van 'n groter studie) was om die probleme wat die Suid-Afrikaanse Klerebedryf met die sleutel liggaamsmates vir die vervaardiging van klere ondervind, te verken en beskryf. Suid-Afrika kon nie in die laaste aantal jare daarin slaag om die uitvoer van klereprodukte te verhoog nie, maar het egter die uitdaging om uitvoere te verhoog, aanvaar. Een manier om hierdie uitdaging die hoof te bied, is om met goeie pas 'n meer mededingende kledingproduk vir die plaaslike sowel as internasionale mark te verseker. Die sleutelmates is die eerste stap in die proses om 'n goedpassende kledingstuk daar te stel. Om konsekwentheid met groottes te verseker is dit noodsaaklik dat die sleutelmates op 'n gestandaardiseerde manier deur alle vervaardigers en kleinhandelaars gemeet word. Aangesien sleutelmates 'n integrale deel van die kledingstuk vorm, sal die effektiewe kommunikasie van toepaslike sleutelmates en klere-groottes aan die verbruiker die keuse van korrekte grootte kledingstukke aansienlik vergemaklik. 'n Pos-opname is gedurende Julie tot November 2002 gedoen, deur vraelyste na Suid-Afrikaanse klere- en skoenvervaardigers en kleinhandelaars te stuur. Uit die terugvoer op die pos-opname is 'n aantal respondente vir individuele onderhoude met behulp van doelbewuste steekproefneming gekies. 'n Gestruktureerde onderhoudskedule het verseker dat akkurate beskrywings van liggaamsmates tydens die onderhoude in Julie 2003 verkry is. Data wat tydens die pos-opname ingesamel is, is deur middel van frekwensie tabelle ontleed om 'n lys van liggaamsmates, wat deur die respondente gebruik word, saam te stel. Transkripsies van die onderhoude is deur inhoudsanalise ontleed, en sodoende is sleutelmates geïdentifiseer en gedefinieer. Hierdie sleutelmates is daarna vergelyk met die sleutelmates wat in 'n studie deur Simmons en Istook (2003) geïdentifiseer is. Die resultate weerspieël dat, alhoewel internasionale beskrywings vir 100% van die sleutelmates beskikbaar is, daar nogtans probleme met landmerke ondervind word, en dat daar min konsensus rakende die metingsmetode en identifisering van landmerke is. 'n Studie deur Hwang en Istook (2001) het ook bevind dat daar 'n gebrek aan konsensus ten opsigte van terminologie en beskrywings van liggaamsmates is. Die onsekerheid in die industrie ten opsigte van waar en hoe die sleutelmates geneem moet word, is te verstane as in ag geneem word dat Suid-Afrikaanse kleinhandelaars en vervaardigers van standaard internasionale beskrywings afhanklik is. Hierdie onsekerheid word weerspieël deurdat daar vir slegs 41,2% van die beskrywings van sleutelmates konsensus is ten opsigte van hoe die sleutelmates geneem moet word. Dit is van uiterste belang dat die beskrywings van liggaamsmates absoluut korrek en herhaalbaar is, sodat dit op die mees akkurate manier in produksie aktiwiteite toegepas kan word. Samevattend en ter aanbeveling is dit duidelik dat die klere-industrie die identifisering van landmerke, asook spesifieke metodes vir die neem van die mates op die liggaam, moet aanspreek. Landmerke is krities wanneer liggaamsmates na die patroon oorgedra word. Dit is tot voordeel van alle lande wat klere vervaardig om ooreen te stem ten opsigte van watter landmerke gebruik moet word. Dit is ook noodsaaklik dat rolspelers in die industrie in detail beskryf hoe hierdie landmerke konsekwent geïdentifiseer kan word en presies hoe die sleutel liggaamsmates geneem behoort te word. Die pas van 'n kledingstuk is 'n baie belangrike aanduiding van die kwaliteit daarvan. Uitnemende kwaliteit is die enigste manier om mededingend te bly in 'n uiters kompeterende bedryf, en deur akkurate sleutelmates wat uiteindelik goeie pas verseker, kan die uitdaging om nasionaal en internasionaal mededingend te wees, aangespreek word.
Loading...
联系我们|关于我们|网站声明
国家哲学社会科学文献中心版权所有