期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
印刷版ISSN:0378-5254
出版年度:2012
卷号:40
期号:1
页码:1-21
语种:English
出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
摘要:Die artikel handel oor die interaksie tussen opkomende kollektivistiese verbruikers se blaamattribusies, emosies en hantering-strategieë voortspruitend uit hulle beoordeling van produkmislukking (product failure). Die oorkoepelende doel is om opkomende verbruikers van Afrika se kognitewe beoordelings, emosies, en klagte-gedrag met betrekking tot groot huishoudelike toerusting te verken en te beskryf. Data is in 2009 ingesamel deur 'n kruisseksionele opname onder vroueverbruikers woonagtig in Gaborone, Botswana, wat ontevrede was met die werksverrigting van hulle groot huishoudelike toestelle. Daar is van geriefsteekproefneming gebruik gemaak, wat 200 bruikbare vraelyste opgelewer het. Verbruikersklagte-gedragteorie (consumer complaint behaviour theory) en kognitiewe beoordelingsteorie (cognitive appraisal theory) dien as teoretiese agtergrond vir die studie. Die resultate van die studie toon dat vroueverbruikers intense emosies soos woede, skaamte, verbasing, hartseer en frustrasie ervaar wanneer die vervaardiger en kleinhandelaar vir produkmislukking blameer word. Die studie dui op die groot rol wat emosies speel in verbruikers se hantering-strategieë (klagte-gedrag). Daar bestaan verwantskappe tussen die intensiteit van die onderskeie emosies van woede, hartseer, skaamte en frustrasie en die probleemgerigte en emosiegerigte hanteringstrategieë. mplikasies vir bemarkingstrategieë en klagte-hantering in opkomende ekonomieë is uitgelig.