首页    期刊浏览 2025年02月28日 星期五
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Applying the design process to apparel prototype development : students' experiences of a community service-learning project
  • 作者:Mariette Strydom ; Thea J. Tselepis
  • 期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
  • 印刷版ISSN:0378-5254
  • 出版年度:2013
  • 卷号:41
  • 期号:1
  • 页码:33-48
  • 语种:English
  • 出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
  • 摘要:Studente se ervaring van 'n diensleer projek word in hierdie artikel beskryf. Die vennootskap tussen 'n akademiese department en 'n sosiale entrepreneur het geleentheid gebied om finalejaar-studente aan die realiteit van kleding-produkontwikkeling bloot te stel. Amajobjob is 'n sosiale entrepreneur wat basiese lewensvaardighede ontwikkel deur 'n reeks opleidingsprogramme, waaronder basiese klerekonstruksie, aan te bied. Deelnemers aan die program kan na voltooiing 'n langbroek, of te wel African Happy Pants™, vervaardig. Dit is 'n trots Suid-Afrikaanse langbroek, gemaak van 'n unieke, kleurvolle materiaal wat die ritme van Afrika weerspieël. Amajobjob verskaf uitgeknipte patroondele en ander rou material aan opgeleide deelnemers. Die individue maak dan die langbroeke en word vir hul arbeid betaal, terwyl Amajobjob die verkope behartig. Op hierdie manier kan die individue hul eie inkomste bepaal. Amajobjob beskik egter nie oor die nodige vaardighede om nuwe produkte te ontwerp en ontwikkel nie. Verbruikerswetenskapstudente wat speisaliseer in die Kledingbestuurprogram, kon egter die gaping in die vaardighede aanvul. Finalejaarstudente wat ingeskryf was vir die produkontwikkelingvak het die uitdaging om die produkreeks te verbeter en uit te brei, aanvaar. Studente ontwikkel hoër kognitiewe vaardighede gedurende die produkontwikkelingvak. Kritiese denke wat vaardighede soos ontwerp, analise, sintese en evaluering insluit, word verder ontwikkel. Die voordeel van projekte wat op werklike probleme gebasseer is, is dat dit aan die student die geleentheid bied om praktiese ondervinding op te doen, en werkverwante vaardighede toe te pas. Die doel van die projek was om die bestaande klere-produkreeks van 'n sosiale entrepreneur uit te brei en/of te verbeter, en om die studente se ervaring van die realiteit van produkontwikkeling te beskryf. Die projek het studente in staat gestel om teoretiese en praktiese kennis wat in die Verbruikerswetenskap Kledingprogram bekom is, in die produkontwikkelingvak toe te pas. Die navorsingsontwerp was deelnemende-aksie navorsing en aktiwiteite is gestruktureer volgens 'n ontwerpproses wat op kledingprodukontwikkeling van toepassing is. Sewe-en-twintig studente wat vir die vak ingeskryf was, het aan die projek deelgeneem. Om te bepaal hoe doeltreffend die produkte ontwikkel is, is die studente se eweknie-evaluering ("peer evaluation") van die finale produkte met Amajobjob se keuse van produkte vergelyk. Na voltooiing van die vak moes die studente 'n geskrewe refleksie oor hul ervaring inhandig, en dit is deur middel van inhoud-analise ("content analysis") ontleed. Die positiewe impak van diensleer is in studente se geskrewe refleksies bevestig. Die inhoud van die refleksies het 'n positiewe ervaring ten opsigte van ontwerp, produksie, toepassing van kennis, groepwerk en sosiale verantwoordelikheid uitgelig. Teoretiese en praktiese uitkomste is bereik, wat terselfdertyd 'n positiewe leerervaring en bydrae tot die gemeenskap gemaak het. Twee-en-twintig van die 67 produk-idees is deur die sosiale entrepreneur gekies om die bestaande produkreeks uit te brei en dui daarop dat die studente die behoeftes van die sosiale entrepreneur, asook die handelsmerkbeeld op 'n doeltreffende manier geïnterpreteer en in die eindproduk toegepas het. Die uitbreiding van die produkreeks fasiliteer werkskepping, wat tot voordeel van die gemeenskap sal wees. Die studente is bevoordeel deur die kombinasie van diensleer-aktiwiteite met die akademiese kurrikulum, en die gemeenskap is bevoordeel deur die uitbreiding van die produkreeks en moontlike werksgeleenthede. In 'n multidissiplinêre vakgebied soos produkontwikkeling waar teoretiese en tegniese vaardighede toegepas word, kan gemeenskap-gebaseerde diensleer 'n nuwe dimensie aan die opleiding van Verbruikerswetenskaplikes bied.
Loading...
联系我们|关于我们|网站声明
国家哲学社会科学文献中心版权所有