首页    期刊浏览 2025年06月30日 星期一
登录注册

文章基本信息

  • 标题:The development of a theoretical model to investigate factors associated with environmentally significant choice behaviour in the South African major household appliance market : an integrative conceptual approach
  • 作者:Nadine C. Sonnenberg ; Alet C. Erasmus
  • 期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
  • 印刷版ISSN:0378-5254
  • 出版年度:2013
  • 卷号:41
  • 期号:1
  • 页码:71-84
  • 语种:English
  • 出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
  • 摘要:Literatuur dui onteenseglik daarop dat huishoudlike toerusting 'n belangrike impak het op die volhoubaarheid van natuurlike hulpbronne. Binne die Suid-Afrikaanse konteks, waar water en elektrisiteit skaars is, is hierdie onderwerp veral van belang. Die aankoop en langtermyn-gebruik van huishoudelike toestelle het veral implikasies ten opsigte van die energiesektor, wat tans onder toenemende druk is om aan die groeiende verbruikersvraag in die land te voldoen. Met stygende huishoudelike inkomstes, veral van voorheen benadeelde Suid-Afrikaners, kan 'n toenemende aantal huishoudings nou vir die eerste keer groot huishoudelike toestelle bekostig. Daarbenewens het die Suid-Afrikaanse regering in 2000 aangekondig dat alle Suid-Afrikaners geregtig is op toegang tot basiese dienste, insluitend elektrisiteit, wat die aankoop van elektriese toestelle nou vir baie meer huishoudings moontlik maak. Maatreëls wat verbruikers kan aanspoor om energie-besparende en omgewingsvriendelike produkeienskappe tydens verbruikers se besluitnemingsprosesse te prioritiseer het dus groot waarde, en soortgelyke navorsing is reeds in ontwikkelde lande gedoen. Die impak van demografiese veranderlikes, lewenstyl en interne motivering, wat verskeie sosiaal-sielkundige aspekte insluit, is gevolglik reeds breedvoerig in bestaande literatuur aangespreek. Verskeie teoretiese benaderings is ook reeds toegepas, veral in terme van individue se interne motivering om omgewingsvriendelike gedrag te openbaar. Empiriese bevindinge wat 'n oorsprong binne die konteks van ontwikkelde lande het kan egter nie sondermeer na die Suid-Afrikaanse verbruikersmark veralgemeen word nie, veral nie as die land se unieke, diverse populasiesamestelling in ag geneem word nie. Verbruikers se vermoëns, byvoorbeeld hulle kennis, vorige ervaring en vermoë om omgewingsvriendelike produkeienskappe te identifiseer en te beoordeel, asook eksterne faktore binne die Suid-Afrikaanse konteks, mag verbruikersbesluitneming noemenswaardig beïnvloed, veral wanneer duur, hoë-risiko produkte, soos elektriese huishoudelike toestelle, aangekoop word. Gebaseer op 'n kritiese oorsig van bestaande empiriese navorsing en teoretiese benaderings wat binne die Westerse konteks in ontwikkelde lande gedoen is, het hierdie manuskrip ten doel om 'n geïntegreerde, multi-dimensionele konseptuele raamwerk saam te stel, wat gepas sou wees vir toekomstige ondersoeke na faktore wat kan bydra om omgewingsvriendelike besluitneming en aankoopgedrag in die Suid-Afrikaanse (en moontlik ander ontwikkelende lande se) kleinhandelsektor aan te moedig wanneer verbruikers elektriese huishoudelike toestelle aankoop.
Loading...
联系我们|关于我们|网站声明
国家哲学社会科学文献中心版权所有