首页    期刊浏览 2024年09月12日 星期四
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Afrikataalleksikografie: Gister, vandag en môre
  • 本地全文:下载
  • 作者:D.J. Prinsloo ; Elsabé Taljard
  • 期刊名称:Lexikos
  • 印刷版ISSN:1684-4904
  • 电子版ISSN:2224-0039
  • 出版年度:2017
  • 卷号:27
  • 期号:1
  • 页码:427-456
  • 出版社:Bureau of the WAT
  • 摘要:

    Hierdie artikel het ten doel om 'n perspektief te bied op Afrikataalleksikografie se reaksie op ontwikkelings in die internasionale leksikografiepraktyk met betrekking tot nuwe tendense en veranderinge wat hoofsaaklik deur die elektroniese era teweeg gebring word. Die ont-wikkeling van die Afrikataalleksikografie sal met dié van hoofsaaklik Engelse papier- en elektro-niese woordeboeke vergelyk word. Drie tydperke van leksikografiese ontwikkeling word onder-skei. Daar word geargumenteer dat die algehele prentjie vir die ontwikkeling van Afrikataalleksi-kografie minder gunstig is as dié van Engels en tale soos Duits en Frans. Die fokus is op die beskik-baarheid van woordeboeke, leksikografiese gehalte, die gebruik van nuwe beskikbare rekenaarteg-nologieë en die gebruik van inligtingsbronne van die inligtingsera. Daar word tot die gevolgtrek-king gekom dat die leksikografiepraktyk in die Afrikatale in die meeste gevalle nie tred hou met internasionale ontwikkelings in die leksikografie nie en dat die aantal uitdagings vir dié tale toege-neem het. Ten slotte word 'n aantal stukragte geïdentifiseer wat ten goede kan meewerk om die kwaliteit van Afrikataalwoordeboeke te verbeter.

    Sleutelwoorde: Afrikataalleksikografie, Afrikataalwoordeboeke, Aan-Lyn Woordeboeke, Gebruikersperspektief, Inligtingsera, Introspeksie, Korpus-Gebaseerde Leksikografie, Lemmaseleksie, Woordeboekkultuur

     

     

     

国家哲学社会科学文献中心版权所有