首页    期刊浏览 2024年12月05日 星期四
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Antisiperende labiale koartikulasie: 'n Elektromiografiese studie by Afrikaanssprekendes
  • 本地全文:下载
  • 作者:Karen Theron ; Anita van der Merwe ; Malcom Baker
  • 期刊名称:South African Journal of Communication Disorders
  • 印刷版ISSN:0379-8046
  • 电子版ISSN:2225-4765
  • 出版年度:1995
  • 卷号:42
  • 期号:1
  • 页码:35-48
  • DOI:10.4102/sajcd.v42i1.246
  • 出版社:AOSIS OpenJournals
  • 摘要:Die verskynsel van antisiperende labiale koartikulasie word bestudeer om inligting te bekom aangaande die motoriese beplanning van spraak deur die brein. Die doel van die studie is om inligting te bekom in verband met die temporale omvang van antisiperende labiale koartikulasie, die verloop van koartikulasie vir uitinge wat bestaan mt twee geronde vokale geskei deur'n nie-labiale konsonant en laastens die effek van 'n woordgrens op die aanvang van koartikulasie by normale Afrikaanssprekende volwassenes. Die metode het bestaan uit die opname van elektromiografiese aktiwiteit vanaf Musculus Orbicularis Oris met'n bipolere konsentriese naaldelektrode. Die resultate dui daarop dat antisiperende labiale koartikulasie wel voorkom en dat die aanvang van lipronding toenemend vroeer intree namate die duur van die konsonantstring wat die geronde vokaal voorafgaan toeneem. By die ondersoek van antisiperende labiale koartikulasie in uitings wat bestaan uit twee geronde vokale wat deur'n nie-labiale konsonant geskei word, is gevind dat twee pieke van elektromiografiese aktiwiteit met 'n duidelike afname in aktiwiteit tussen die pieke voorkom. Laastens is gevind dat antisiperende labiale koartikulasie oor woordgrense kan voorkom. Die resultate word bespreek aan die hand van verskillende teoretiese modelle van spraakproduksie wat poog om die verskynsel van antisiperende labiale koartikulasie te verklaar.
  • 关键词:antisiperende koartikulasie; elektromiografiese aktiwiteit; motoriese beplanning; teoretiese modelle van spraakproduksie
  • 其他关键词:antisiperende koartikulasie;elektromiografiese aktiwiteit;motoriese beplanning;teoretiese modelle van spraakproduksie
国家哲学社会科学文献中心版权所有