期刊名称:South African Journal of Communication Disorders
印刷版ISSN:0379-8046
电子版ISSN:2225-4765
出版年度:1995
卷号:42
期号:1
页码:53-66
DOI:10.4102/sajcd.v42i1.248
出版社:AOSIS OpenJournals
摘要:Die ondersoek het dit ten doel gehad om die verband tussen gesproke taal, geskrewe taal en fonologiese prosessering te bepaal. Die empiriese opname is deur middel van'n beskikbaarheidseleksie op nege Afrikaanssprekende taalleergestremde leerlinge in graad-twee uitgevoer. Ooreenkomstig voorafbepaalde doelstellings is gesproke taalparameters, geskrewe taalparameters en fonologiese prosesseringsparameters geidentifiseer. Die proefpersone se peil van funksionering op die onderskeie parameters, sowel as die verwantskap tussen die parameters is kwalitatief en kwantitatief ontleed en beskryf. Die resultate van hierdie empiriese opname toon dat betekenisvolle korrelasies tussen gesproke taal, geskrewe taal en fonologiese prosesseringsvaardighede by die betrokke taalleergestremde proefpersone voorgekom het.