首页    期刊浏览 2024年11月08日 星期五
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Die invloed van otitis media op die sentrale ouditiewe vermoëns van kinders met sensoriese integrasieprobleme
  • 本地全文:下载
  • 作者:Lidia Olivier ; Brenda Louw ; René Hugo
  • 期刊名称:South African Journal of Communication Disorders
  • 印刷版ISSN:0379-8046
  • 电子版ISSN:2225-4765
  • 出版年度:1990
  • 卷号:37
  • 期号:1
  • 页码:39-46
  • DOI:10.4102/sajcd.v37i1.288
  • 出版社:AOSIS OpenJournals
  • 摘要:Otitis media word in die resente literatuur in verband gebring met spraak- en taalprobleme, gedragsprobleme en leerprobleme. Beperkte navorsing is egter tot op hede uitgevoer om die invloed wat otitis media op die sentrale ouditiewe vermoens uitoefen, te bepaal. Die doel met hierdie studie is om te bepaal of otitis media wel 'n invloed op die sentrale ouditiewe vermoens van kinders met sensoriese integrasieprobleme uitoefen. Dertien persone wat gediagnoseer is as kinders met sensoriese integrasieprobleme, is as proefpersone geselekteer. Hulle is in twee groepe ingedeel, naamlik agt proefpersone met 'n geskiedenis van otitis media (Groep A) en vyf proefpersone sonder 'n geskiedenis van otitis media (Groep B). 'n Toetsbattery is saamgestel vir die evaluering van die sentrale ouditiewe vermoens en is op die proefpersone uitgevoer. In die geval van groep A was die resultate afwykend in elke subtoets in die sentrale toetsbattery wat op 'n moontlike breinstambetrokkendheid dui. Groep Β het normale resultate in bykans al die toetse verkry. Die resultate dui daar op dat ehroniese otitis media wel 'n invloed op die sentrale ouditiewe vermoëns van die proefpersone het en wel in terme van onvoldoende breinstamfunksionering. Implikasies vir navorsing en behandeling is bespreek.
国家哲学社会科学文献中心版权所有