首页    期刊浏览 2024年11月08日 星期五
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Jong kinders se gebruik van kommunikasiefunksies vóór en ná kogleêre inplanting
  • 本地全文:下载
  • 作者:Inge Kaltenbrünn ; Brenda Louw ; René Hugo
  • 期刊名称:South African Journal of Communication Disorders
  • 印刷版ISSN:0379-8046
  • 电子版ISSN:2225-4765
  • 出版年度:2005
  • 卷号:52
  • 期号:1
  • 页码:15-24
  • DOI:10.4102/sajcd.v52i1.202
  • 出版社:AOSIS OpenJournals
  • 摘要:Hierdie artikel beskryf vyf jong kinders met kogleêre inplantings se gebruik van kommunikasiefunksies, in 'n poging om die invloed van die kinders se vroeë intensionele kommunikasiegedrag op hulle individuele kommunikasievaardighede ná kogleêre inplanting te ondersoek. Video-opnames van elk van die vyf  deelnemers in ongestruktureerde vryespelinteraksie met hulle versorgers, vóór kogleêre inplanting en twaalf en agtien maande ná kogleêre inplanting, is gebruik om die aard en die voorkoms van hulle kommunikasiefunksies oor tyd te identifiseer. Die Communicative Intention Inventory (Coggins & Carpenter,  1981) is gebruik om die kommunikatiewe gedrag van die deelnemers te klassifiseer volgens die soorte kommunikasiefunksies wat gebruik is. Resultate van die ondersoek toon dat die aard en die voorkoms van die  kommunikasiefunksies merkbaar voor en ná kogleêre inplanting verskil het en die deelnemers se toenemende bevoegdheid om aan gespreksinteraksie deel te neem, gedemonstreer het. Individuele verskille tussen die deelnemers in hulle gebruik van heuristiese en informatiewe kommunikasiefunksies het moontlik 'n verklaring gebied vir die voorkoms van interklientvariasie in tempo van verbale kommunikasie-ontwikkeling  ná kogleêre inplanting. Die resultate word as betekenisvol beskou in die kliniese besluitnemingsproses met betrekking tot die kogleêre-inplantingkandidaatskap van jong kinders onder die ouderdom van drie jaar met 'n ernstige gehoorverlies en hulle terapeutiese bantering. Die resultate dra ook by tot die identifisering van 'n objektiewe vroee kommunikasie evalueringsprotokol vir jong kinders met 'n ernstige gehoorverlies in 'n prelinguistiese stadium van taalontwikkeling.
  • 关键词:Intensionaliteit;Kommunikasiefunksies;Preverbale kommunikasie;Ernstige gehoorverlies;Kogleere inplanting.
国家哲学社会科学文献中心版权所有