摘要:Seksuele misbruik van kinders word baie jare reeds wêreldwyd as ʼn probleem ondervind (Spies, 2009:15). Betroubare statistieke oor die voorkoms van seksuele misbruik onder kinders in Suid-Afrika is moeilik verkrygbaar, maar daar word na beraming 500 000 kinders elke jaar seksueel misbruik (Salzwedel, 2006:22). Dieselfde outeur verwys na skattings van Child Line South Africa, waarvolgens 33% van alle meisies en 16% van alle seuns in Suid-Afrika seksueel misbruik word, voor die ouderdom van 18 jaar. POWA (People Opposed to Women Abuse) beraam dat een uit vier meisies (25%) en een uit vyf seuns (20%) seksueel misbruik word, voor die ouderdom van 16 jaar. Volgens Reyneke en Kruger (2006:4) is daar meer as 60 kinders in Suid-Afrika alleen wat op ʼn daaglikse basis seksueel misbruik word. Slegs 6%-7% van die sake wat gerapporteer is, het tot suksesvolle vervolging gelei.