首页    期刊浏览 2025年08月06日 星期三
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Globalisme en taal in die hoër onderwys: Redes vir die keuse van Engels as onderrigtaal
  • 其他标题:Globalism and language in higher education: Reasons for choosing English as language of learning
  • 本地全文:下载
  • 作者:Bornman, Elirea ; Η Janse van Vuuren, Hermanus ; Pauw, JC
  • 期刊名称:Tydskrif vir Geesteswetenskappe
  • 印刷版ISSN:0041-4751
  • 出版年度:2021
  • 卷号:61
  • 期号:1
  • 页码:307-328
  • DOI:10.17159/2224-7912/2021/v61n1a18
  • 出版社:Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
  • 摘要:Die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal aan Suid-Afrikaanse universiteite is reeds vir 'n geruime tyd in die spervuur. Die verengelsing van hoër onderwys is egter 'n wêreldwye tendens wat verband hou met globalisme en die (her)internasionalisering van die universiteitswese. Die kern van hierdie studie bestaan uit 'n inhoudsontleding van response van Afrikaansspre-kende studente aan die Universiteit van Suid-Afrika op die vraag waarom hulle Engels as studietaal gekies het. Ten tyde van die ondersoek was 'n aantal modules by die Universiteit in Afrikaans beskikbaar. Dat talle Afrikaanssprekende studente Engels as onderrigtaal verkies, word dikwels as regverdiging gebruik vir die voorstel om Afrikaans as onderrigtaal af te skaf. Betreklik min navorsing oor die redes vir hierdie verskynsel is gedoen. Die feit dat handboeke oorwegend Engels is, was een van die belangrikste redes waarom Afrikaanssprekende studente in Engels studeer het. Voorts was daar onduidelikheid oor die opsie om in Afrikaans te studeer. Afgesien hiervan is 'n aantal wanopvattings oor die universaliteit van die Engelse taal en persepsies dat Afrikaanse vakterminologie lomp en/of onverstaanbaar is, waargeneem. Uiteindelik is dit die Afrikaanse taalgemeenskap se plig om jongmense daarvan te oortuig dat leer deur Afrikaans nie noodwendig 'n agterstand impliseer nie. Tersiêre onderrig in Afrikaans moet bevorder word deur handboeke in Afrikaans beskikbaar te stel en terminologie te standaardiseer. Studente wat verkies het om in Engels te studeer, was verder opvallend minder verbind tot nie net hul eie taal- en kultuurgroep nie, maar ook tot Suid-Afrika.
  • 关键词:Afrikaans;onderrigtaal;universiteite;Unisa;globalisme;verengelsing;inhoudsontleding;taalkeuse;identiteit;moedertaalleer
  • 其他关键词:Afrikaans;language of tuition;universities;Unisa;globalism;anglicisa-tion;content analysis;language choice;identity;mother tongue learning
国家哲学社会科学文献中心版权所有