首页    期刊浏览 2026年01月02日 星期五
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Ostensiewe illustrasies as mikrostrukturele items in verklarende skoolwoordeboeke gerig op leerders in die junior sekondêre fase*
  • 本地全文:下载
  • 作者:P Louw
  • 期刊名称:Lexikos
  • 印刷版ISSN:1684-4904
  • 电子版ISSN:2224-0039
  • 出版年度:2005
  • 卷号:15
  • 期号:1
  • DOI:10.4314/lex.v15i1.51866
  • 语种:English
  • 出版社:Bureau of the WAT
  • 摘要:'n Verklarende skoolwoordeboek gerig op leerders in die junior sekondêre fase moet, in die Suid-Afrikaanse konteks, gebruikersgerigte praktyke navolg om op kommunikatiewe en pedagogiese vlak waarde toe te voeg vir beide moedertaal en niemoedertaalsprekende leerders. Een so 'n praktyk is die opname van ostensiewe illustrasies as mikrostrukturele items om die oordrag van pragmatiese en semantiese data te bevorder. In hierdie artikel word die waarde van ostensiewe illustrasies en hulle relevansie binne 'n verklarende skoolwoordeboek gerig op leerders in die junior sekondêre fase beoordeel, waarna sekere voorbehoude rakende hulle gebruik behan-del word. 'n Besluit om wel ostensiewe illustrasies op te neem, noodsaak verder 'n bespreking van waar om hierdie items in die mikrostruktuur te plaas sowel as 'n bespreking van verskillende tipes illustrasies wat vir opname in die woordeboektipe onder bespreking geskik sal wees. Vervolgens word 'n kritiese evaluering van die hantering van ostensiewe illustrasies in 'n eg Suid-Afrikaanse verklarende skoolwoordeboek gerig op leerders in die junior sekondêre fase gegee en voorstelle gemaak vir 'n verbeterde mikrostrukturele behandeling wat aan die eise van die gebruikersper-spektief voldoen. Laastens word die kwessie van noodsaaklike mediostrukturele ondersteuning vir hierdie datatipe in die vorm van presiese, omvattende kruisverwysings, ter sprake gebring. Hierdie artikel probeer dus om kriteria vir die suksesvolle leksikografiese hantering van ostensiewe illustrasies aan te bied. Sleutelwoorde: Byskrifte, Byvoeglike Naamwoord, Groepillustrasie, Ju-Nior Sêkondere Onderrigfase, Kommunikatiewe Waarde, Kruisverwysings, Mikrostrukturele Items, Ostensiewe Illustrasies, Pedagogiese Waarde, Self-Standige Naamwoord, Struktuurmerkers, Verklarende Skoolwoordeboek, Voorbeeldmateriaal, Werkwoord
国家哲学社会科学文献中心版权所有