首页    期刊浏览 2025年07月12日 星期六
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Skoolwoordeboeke vir huistaalleerders van Afrikaans
  • 本地全文:下载
  • 作者:S Tarp ; R Gouws
  • 期刊名称:Lexikos
  • 印刷版ISSN:1684-4904
  • 电子版ISSN:2224-0039
  • 出版年度:2010
  • 卷号:20
  • 期号:1
  • 页码:466-494
  • DOI:10.4314/lex.v20i1.62734
  • 语种:English
  • 出版社:Bureau of the WAT
  • 摘要:Skoolwoordeboeke vorm 'n uitgebreide tipologiese kategorie binne die versameling woordeboeksoorte. Die uiteenlopende verskeidenheid teikengebruikers van skoolwoordeboeke vereis egter 'n duideliker tipologiese omskrywing en 'n fyner onderverdeling in subkategorieë. Hierdie artikel fokus eerstens op sommige van die verskillende interpretasies van die term skoolwoordeboek en die onduidelikheid wat met die gebruik van hierdie term saamhang. 'n Onpresiese gebruik van die term lei daartoe dat voornemende gebruikers van skoolwoordeboeke nie weet wat om in 'n betrokke woordeboek te verwag en wie die beplande teikengebruikers daarvan is nie. Die leksikografiese funksies van skoolwoordeboeke word bespreek met die klem op Afrikaanse skoolwoordeboeke vir huistaalleerders. 'n Oorsig en kontekstualisering van hierdie woordeboeke word gevolg deur 'n bespreking van verskeie woordeboeke vir laerskool- en hoërskoolleerders. Aandag word gegee aan aspekte van die funksies, struktuur en inhoud asook aan positiewe en negatiewe kenmerke van die onderskeie woordeboeke. Dit blyk dat die ontwikkeling in die teoretiese leksikografie 'n positiewe invloed op die samestelling van skoolwoordeboeke gehad het. Uiteindelik word 'n aantal aanbevelings gemaak vir die verbetering van toekomstige skoolwoordeboeke. Die belangrikheid van 'n ondubbelsinnige aanduiding van onder meer die teikengebruikers en die gebruikersituasie word benadruk. Die opname, aanbieding en bewerking van data moet met inagneming van die gebruikersprofiel geskied. Sleutelwoorde: Addisionele Taal, Gebruikersituasie, Grondslagfase, Hoërskoolleerders, Huistaal, Kognitiewe Funksie, Laerskoolleerders, Leksikografiese Funksies, Skoolwoordeboek, Teikengebruiker, Teksproduksie, Teksresepsie, Woordeboektipologie
国家哲学社会科学文献中心版权所有