摘要:Onderliggend aan die Theophostic Prayer Ministry (TPM) is 'n poging om die konflik wat kliënte tans ervaar op te los deur gebedsfokus op hulle seerkry van die verlede. Die betekenisvolle voordeel wat die TPM-model bo nie-Christelike modelle inhou, is die fokus op 'n heling van hierdie seer van die verlede deur menslike leiding terug te bind aan God. Die resultaat is die herstel van die volgende: "Koinonia" (gemeenskap van die gelowiges), "communio" ('n dieper verstaan en sinsbelewing van God se betrokkenheid), "coram Deo" (God se ewige teen-woordigheid) - 'n nuwe lewe word so gebore. Die TPM is aangewese op die visuele, emosionele en fisiese geheue. Om iemand uit 'n staat van hulpeloosheid te bevry, veronderstel die begeleiding tot 'n Goddelike teenwoordigheidsbesef. Die ontvouing van 'n egte heelwording in Christus vorm die uitkoms van hierdie proses.
其他摘要:The basic principle of the Theophostic Prayer Ministry (TPM) is to attempt to resolve clients' present conflict by finding healing forpast wounds in prayer. The TPM model has a unique advantage over non-Christian models in that it pursues the healing of past wounds by means of binding the suffering back to God. "Koinonia" (the fellowship of believers), "communio" (a deeper sense of the involvement of God), "coram Deo" (the ever-presence of God), as well as "pneumatonomic synergy" (being in balance with the holy plan of God), are restored, launching a new life. The TPM relies on three types of memory: visual, emotional and physical memory. Freeing a person from his/her helpless state is to guide that person towards divine revelation. The outcome unfolds as a sincere and holy recovery in Christ.