首页    期刊浏览 2026年01月01日 星期四
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Probleme rondom die verklaring van die Bybel in die gereformeerde teologie: 'n Christelik-filosofiese besinning
  • 其他标题:Problems in interpreting the Bible in reformed theology: A Christian-philosophical reflection
  • 本地全文:下载
  • 作者:van der Walt, B.J.
  • 期刊名称:In die Skriflig
  • 印刷版ISSN:2305-0853
  • 出版年度:2009
  • 卷号:43
  • 期号:1
  • 页码:1-30
  • 出版社:AOSIS (Pty) Ltd
  • 摘要:Dit wil lyk asof vroeëre oortuigings oor die aard van die Skrif, asook die maniere waarop dit uitgelê behoort te word, nie meer so vas staan en so oortuigend is nie. Die gevolglike onseker-heid veroorsaak verdeeldheid en selfs spanning onder gereformeerde teoloë en kerke in Suid-Afrika. Die Christelik-filosofiese besinning in hierdie artikel is 'n poging om 'n verheldering ten opsigte van sekere probleme te probeer bied. 'n Vorige artikel (vgl. Van der Walt, 2008d) het veral gefokus op die moontlike bydrae van die reformatoriese filosofie tot 'n Skrifbeskouing. Hierdie artikel sal veral op probleme rondom Skrifverklaring konsentreer. Om die Bybel egter reg te kan lees, moet 'n mens eers weet watter soort boek dit is - hoe dit gekwalifiseerd is. Die eerste afdeling handel dus oor die betekenis daarvan om die Bybel as 'n geloofsboek te beskou. Die volgende gedeelte bied 'n oorsig oor die tradisionele hermeneutiese metodes, insluitende die mees populêre onder gereformeerde geleerdes. In die derde deel word aandag geskenk aan die "hermeneutiese revolusie" vanaf die laaste gedeelte van die vorige eeu. Aan-gesien die antieke Bybelteks sowel as die huidige leser van toe af as belangrik beskou word, het 'n mens se lewensvisie en filosofie belangrike, bepalende elemente in die lees van die Skrif geword. Die laaste gedeelte bespreek daarom die verhouding tussen lewensvisie en eksegese. Aangesien 'n mens se lewensvisie jou verklaring van die Bybel beïnvloed kan 'n mens nie jou lewensbeskoulike vooronderstellings ontken of probeer wegsteek nie. Terselfdertyd moet 'n mens egter bewus wees van die gevare verbonde aan 'n Christelike lewensvisie. Daarom word ten slotte 'n paar kriteria genoem om die korrektheid van 'n lewensvisie te help beoordeel.
  • 其他摘要:It is becoming evident that previous convictions about the nature of the Bible as well as the ways in which it should be interpreted, are not convincing anymore. The resulting uncertainty is causing division and tension among reformed theologies and churches in South Africa. This Christian-philosophical reflection intends to help clarify some of the issues. A previous article (cf. Van der Walt, 2008d) was focused mainly on a view of Scripture itself, while the present article concentrates on its interpretation. However, to be able to read the Bible correctly, one has to know exactly what kind of book it is - how it is qualified. The first main section, therefore, discusses what it means to view the Bible as a book of faith. The following section provides an overview of the traditional hermeneutical methods, including the most popular among reformed scholars. In the third part attention is given to the "hermeneutical revolution" since the last part of the previous century. Since not only the ancient Bible text, but also the present-day reader are regarded as important today, one's worldview and philosophy have become vital determining elements in reading Scripture. The last section, therefore, discusses the relationship between worldview and exegesis. As one's worldview influences one's exegesis, one can not deny or try to hide one's worldviewish presuppositions. At the same time, however, one should be aware of the dangers associated with a Christian worldview. Thus, a few criteria forjudging the correctness of a worldview will be mentioned in conclusion.
国家哲学社会科学文献中心版权所有