摘要:Afrika was geseënd met 'n seun van die kaliber van dr. Tokunboh Adeyemo. Aangesien hy onlangs oorlede is, beskik ons nog nie (sover die skrywer weet) oor 'n waardering van die nalatenskap van hierdie voortreflike Christen Afrikaleier nie. Hierdie artikel is die eerste voorlopige evaluering vanuit 'n reformatoriese lewensbeskoulike hoek. Die ondersoek ontwikkel soos volg: Eerstens word 'n kort oorsig van sy lewensgeskiedenis gebied, veral ten opsigte van sy opleiding in die evangeliese tradisie. Dan word die dekor (die algemene toestand van die Afrika-Christendom) geskets - die agtergrond waarteen hy gelewe en gedink het. Dit word, in die derde plek, gevolg deur 'n kort analise van die sterk- en swakpunte van die evangeliese Christendom waarvan Adeyemo 'n verteenwoordiger was. In die vierde plek word kortliks aangetoon hoe Adeyemo, in ooreenstemming met die post-Lausanne evangelikalisme, gedink het. Vyfdens word 'n voorlopige waardering van sy nalatenskap gegee. Die artikel word (met die oog op hulp aan toekomstige navorsers), afgesluit met 'n bibliografie van sy belangrikste publikasies.
其他摘要:Africa was blessed with a son of the calibre of Dr Tokunboh Adeyemo. Since he only recently passed away, we do not yet have (as far as the author is aware) an assessment of the legacy of this eminent Christian leader. This article is the first preliminary evaluation written from a reformational worldview perspective. The set-up of the investigation is as follows: Firstly, a brief outline is given of his life history, especially his training in the Evangelical tradition. Then, the décor (the overall situation of African Christianity) that was the background against which he lived and worked is painted. Thirdly, it is followed by the strengths and weaknesses of Evangelical Christianity of which Adeyemo was a representative. Fourthly, it is indicated how Adeyemo thought in line with post-Lausanne Evangelicalism. In the fifth place a preliminary worldview evaluation of his legacy is given. To assist possible future research a bibliography of his most important publications concludes the investigation.